Woord vir Vandag - 22 Julie 2026

Loading player...
“…volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV
Wandel in vrees, of wandel in liefde
Navorsing toon dat denke wat op liefde gefokus is die norm is, terwyl denke wat op vrees gefokus is aangeleer word. Dit is egter nie nuus as jy na die Skrif kyk nie: ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…’ Die afgelope paar dekades het wetenskaplikes die anatomie en fisiologie van liefde en vrees nagevors. Dit is twee verskillende stelsels en op enige bewuste oomblik sal ons of in die een, of in die ander funksioneer. Wetenskap wys dat wanneer ons in liefde begin funksioneer, ons negatiewe, toksiese gedagtes begin afleer. Ons kan negatiewe vrees afleer - dit is nie deel van ons aangebore natuurlike funksionering nie. Onlangse neurowetenskaplike navorsing toon dat sommige van die chemikalieë wat die brein vrystel wanneer ons in liefde funksioneer oksitosien insluit, wat letterlik die negatiewe toksiese gedagtes laat wegsmelt sodat herbedrading van nuwe, nie-toksiese stroombane kan plaasvind. Hierdie chemikalieë word ook afgeskei wanneer ons ander vertrou, met hulle verbindings aanknoop en na hulle uitreik. Dus, om te kies om in liefde te funksioneer kan letterlik die vrees uitdryf. Navorsing toon ook dat wanneer ons goeie dinge doen en in liefde uitreik, endorfiene en serotonien vrygestel word. Dit ontgif ons breine en verhoog ons motivering en wysheid, wat ons help om die lewe meer suksesvol te hanteer. Ons sien die diepgaande gevolge van die keuse tussen liefde en vrees in die Skrif: ‘Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek… Mag jy die lewe kies…’ (Deuteronomium 30:19 NLV). Prediker 7:29 (NLV) sê: ‘…God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighede gesoek.’ Die keuse is joune: wandel in vrees, of wandel in liefde.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min