Woord vir Vandag - 21 Julie 2026

Loading player...
“…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê” Hebreërs 12:1 NLV
Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word nie
In Maart 1987 het Eamon Coughlan in die kwalifiserende uitdunne by die Wêreld Binnenshuise Baankampioenskappe in Indianapolis gehardloop. Hy was die heersende wêreldrekordhouer van die 1500 meter item en was die gunsteling om die wedren te wen. Ongelukkig, met twee en ‘n half rondtes oor, het hy gestruikel en hard geval. Hy het egter opgestaan en met groot moeite daarin geslaag om die voorste naellopers in te haal. Met twintig meter oor was hy in die derde plek, wat goed genoeg sou wees om vir die finale wedloop te kwalifiseer. Toe maak Coughlan egter ‘n fatale fout - hy kyk oor sy skouer na agter. Omdat hy niemand naby hom gesien het nie, het hy sy inspanning effens verslap. Wat hy egter nie opgemerk het nie, was dat ‘n ander naelloper hard aan die ander kant van hom aangestorm gekom het. Hierdie naelloper het hom ‘n meter voor die wenstreep verbygesteek en hom uit die eindrondte uitgeskakel. Coughlan se inspanning was uiteindelik om slegs een rede waardeloos: Hy het sy oë vir ‘n oomblik van die wenstreep afgehaal en op die deelnemers agter hom gefokus. Die skrywer van die boek Hebreërs het gesê: ‘…kom ons stroop alles wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê’. Dinge wat regmatig is, kan soms jou spoed vertraag. ‘Sonde’ verwys na iets wat jy weet verkeerd is en jou die wedloop kan kos. Lê dus albei af en ‘…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun…’ (verse 1-2 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min