Woord vir Vandag - 20 Julie 2026

Loading player...
“…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” Efesiërs 3:20 NLV
Seëninge wat jy jou nie eers kan indink nie
Pastoor Heidi Scanlon sê: ‘God het seëninge vir ons in kategorieë wat ons nie eers weet bestaan nie.’ Dit beteken dat God iets uit niks kan skep. Hy kan onverwags uit die niet verskyn en net wanneer jy Hom die nodigste het, jou iets gee waaraan jy nie eers gedink het nie. God sê: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie… Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV). Jy vra: ‘As God seëninge het wat ek my nie eers kan indink nie, hoe kan ek daarvoor vra?’ Dis waar die Heilige Gees, wat in jou woon, jou help: ‘…die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op… in harmonie met God se wil vir die gelowiges…’ (Romeine 8:26-27 NLV). Omdat dit wat die Heilige Gees bid in ooreenstemming met God se wil is, word jy met wysheid wat bo jou kennis is, met krag wat bo jou krag is, en met guns wat bo jou vermoë is, geseën. Paulus het dit so gestel: ‘Hy moet geprys word - Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen’ (Efesiërs 3:20-21 NLV). Jy moet egter steeds jou plig doen, want God kan nie nalatigheid seën nie. Wanneer jy egter weet dat jy jou deel getrou gedoen het en God gehoorsaam het, kan jy Hom vertrou vir seëninge waaraan jy nie eers kan dink nie.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min