Woord vir Vandag - 18 Julie 2026

Loading player...
“Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…” Josua 5:13 NLV
Jy sal jou Jerigo oorwin (2)
Laat in Januarie 1956 het dr Martin Luther King Jr. ‘n dreigende telefoonoproep by sy huis ontvang. Dit was nie die eerste onheilspellende boodskap wat hy ontvang het nie. Op hierdie nag, terwyl sy kinders en sy vrou geslaap het, was die gewig van die Burgerregtebeweging vir hom te swaar. Hy het besluit dat die risiko te groot is. Hy het begin om ‘n uittreestrategie neer te skryf. Om middernag het hy sy kop by die kombuistafel gebuig en begin bid: ‘Ek is bang. Die mense kyk na my vir leierskap en as ek sonder krag en moed voor hulle staan, sal hulle ook wankel. Ek het die einde van my kragte bereik. Ek het niks oor nie. Ek het by die punt gekom waar ek dit nie alleen kan trotseer nie.’ King beskryf wat volgende met hom gebeur het, as volg: ‘Ek het die teenwoordigheid van die Goddelike ervaar soos ek Hom nog nooit tevore ervaar het nie. Dit het gevoel asof ek die stil versekering van ‘n innerlike stem kon hoor wat sê: ‘Staan op vir geregtigheid, staan op vir die waarheid; en God sal vir ewig aan jou sy wees.’ Toe hy ‘n ontsaglike uitdaging in die gesig gestaar het, het dr King sy fokus verskuif en hom na God gewend. Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…’ Nadat Josua sy oë van Jerigo af opgelig het, het ‘n goddelike boodskapper voor hom met die oplossing vir sy probleem gestaan. Solank jy jou oë net op jou probleem hou, sal jy nie jou probleemoplosser sien nie. Jy moet opkyk. ‘Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:1-2 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min