Woord vir Vandag - 17 Julie 2026

Loading player...
“Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’” Josua 6:2 NLV
Jy sal jou Jerigo oorwin (1)
Jerigo se mure was enorm. Hulle het veertig voet bo die grond die stad soos ‘n wapenuitrusting omhul. Hulle was ondeurdringbaar. Josua het nie Jerigo se mure afgebreek nie - God het. God sal dit vir jou ook doen. Jou Jerigo is jou vrees, woede, bitterheid of vooroordeel. Dit is ook jou onsekerheid oor die toekoms; jou skuldgevoelens oor die verlede en jou negatiwiteit, angs en geneigdheid om te kritiseer, oor te analiseer of te kompartementaliseer. Jou Jerigo is enige omstandigheid, houding of denkwyse wat jou van vreugde, vrede of rus weerhou. Jerigo versper jou pad, dus moet sy mure val! ‘…oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee’ (Josua 1:11 AFR83). Die werkwoord wat as ‘in besit neem’ vertaal word, beteken ‘om vorige huurders uit te dryf en in hul plek te besit.’ Satan sal egter nie sonder ‘n geveg vertrek nie. Hy sal weerstand bied. Hy sal terugstoot. Hy sal egter nie wen nie. Hoekom nie? Omdat God reeds verklaar het dat jy die oorwinnaar is. ‘Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’’ God het nie gesê: ‘Josua, neem die stad in,’ nie. God het gesê: ‘Josua, ontvang die stad wat Ek ingeneem het.’ Dieselfde kan van jou en jou uitdaging gesê word. Jy vra: ‘Wat staan my dus te doen?’ 1) Ontvang jou oorwinning deur geloof, net soos jy jou verlossing ontvang het. 2) Spreek oorwinning uit. Maak seker dat jou woorde met God se woorde ooreenstem. 3) Wandel in jou oorwinning, een dag op ‘n slag.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min