Woord vir Vandag - 16 Julie 2026

Loading player...
“Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond.” Psalm 119:103 NLV
Ontwikkel ‘n aptyt vir God se Woord
In die antieke Joodse kultuur het formele onderwys op sesjarige ouderdom begin. Joodse seuns het by die plaaslike sinagogeskool genaamd bet sefer ingeskryf, wat ‘huis van die boek’ beteken. Teen die tyd dat hulle vier jaar later hul skoolloopbaan voltooi het, het hulle die hele Tora gememoriseer - elke punt en komma van Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium is deur memorisering en herhaling op hul serebrale korteks gegraveer. Daar gaan ons verskoning dat ons sukkel om dinge te onthou! Volgens tradisie sou die rabbi die studente se leie waarop hulle skryf, die eerste dag van die klas met heuning bedek. Dan sou die rabbi sy klas opdrag gee om die heuning van hul leie af te lek terwyl hulle Psalm 119:103 (NLV) voordra: ‘Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond.’ Dit was die eerste en miskien belangrikste les in hul hele opvoeding. Die rabbi wou hê sy studente moes op die Woord van God verlief raak. Hy wou hê hulle moes proe en sien dat die Woord goed is (sien Psalm 34:9). Jeremia het ook so gedink: ‘Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my ‘n vreugde; ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is, Here, almagtige God’ (Jeremia 15:16 AFR83). Dawid het gesê: ‘Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige’ (Psalm 119:130 NLV). Salomo het gesê: ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV). Wanneer jy ‘n smaak vir God se Woord ontwikkel, sal die Heilige Gees, wat die outeur van die Woord is, twee dinge vir jou doen. Eerstens sal Hy dit aan jou openbaar. Tweedens sal Hy jou daaraan herinner.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min