Woord vir Vandag - 15 Julie 2026

Loading player...
“…Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is…” Josua 3:10 NLV
Rus in jou verlossing
Dit was geen geringe taak om die Jordaanrivier, wat op plekke tot ‘n myl breed was, oor te steek nie. Veral nie met ‘n miljoen mense wat jou volg nie! God het gesê: ‘…jy [moet] gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei…’ (Josua 1:2 NLV). Dink jy hulle was bang? Sou jy gewees het? ‘Die priesters wat die ark dra, het… hulle voete in die vlak water [ge]sit…’ (Josua 3:15 NLV). Dit was ‘n klein treetjie, maar God kan die kleinste treetjie van geloof in die magtigste wonderwerk omskep. Toe die priesters se voete die water raak, het die water begin opdam asof iemand die kraan toegedraai het. Vervolgens lees ons: ‘…Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan…’ (vers 17 NLV). Deur hierdie wonderwerk te verrig, wou God hê Israel moet weet: ‘…Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is…’ Israel het hierdie werklikheid besef toe hulle op droë grond gestaan en na die Jordaan teruggekyk het. Ons besef hierdie werklikheid wanneer ons op die voltooide werk van Christus staan en na die kruis terugkyk. Laat die kruis jou oortuig. Wees seker van God se getrouheid. Die Psalmdigter beskryf ‘n persoon van geloof as volg: ‘…hy is gerus, hy vertrou op die Here’ (Psalm 112:7). Die lewe het baie onbeantwoorde vrae, maar jy hoef nie aan God se belofte om jou te verlos, te twyfel nie. ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Rus in jou verlossing. Die verlede is verby. Jou toekoms blink.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min