Woord vir Vandag - 14 Julie 2026

Loading player...
“…Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help…” Jesaja 41:10 NLV
Die belangrikheid van daaglikse gebed
Dr George Washington Carver het rassevooroordeel oorkom en ‘n opvoedkundige, wetenskaplike en uitvinder geword wat deur die Amerikaanse Kongres vereer is. Hy was ook ‘n volgeling van Christus. Hy het die volgende oor gebed gesê: ‘My gebede is meer van ‘n lewenswyse as enigiets anders. Ek vra die Groot Skepper stilweg, daagliks en dikwels, verskeie keer per dag vir toestemming om met Hom te praat. Ek vra Hom om vir my wysheid, begrip en liggaamlike krag te gee om sy wil te doen; ek vra en ontvang dus heeltyd.’ Carver het baie uitvindings in die wêreld uitgestuur en was veral bekend vir uitvindings wat met grondboontjies te doen gehad het. Hy het op die waarheid van die volgende Skrifgedeeltes gestaan: ‘Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak…’ (Jesaja 45:2 NLV). ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel…’ (Jeremia 33:3 NLV). ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, wat Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddende regterhand’ (Jesaja 41:10 NLV). Gee besondere aandag aan Carver se woorde: ‘Ek vra en ontvang dus heeltyd.’ Gebed was nie sy laaste uitweg nie, maar sy eerste keuse. Vir hom was dit meer as ‘n godsdienstige ritueel; dit was ‘n wyse om voortdurend met die God wat hy liefgehad het te kommunikeer, deur soms te praat en soms te luister, maar ten alle tye sensitief en bewus van die teenwoordigheid van God te wees. Daaglikse gebed behoort dieselfde vir jou te beteken.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min