Woord vir Vandag - 13 Julie 2026

Loading player...
“En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4:12 NLV
Wees ‘n spanspeler
Salomo het geskryf: ‘En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.’ Met ander woorde, wees ‘n spanspeler. In Deuteronomium 32:30 lees ons van een persoon wat 1 000 mense laat vlug het en twee persone wat 10 000 mense op die vlug laat slaan het. Dit beteken dat twee persone wat saamwerk, tien keer effektiewer is as een enkele persoon. Spanne skep sinergie. Die beste verduideliking van sinergie is dat ‘n hand effektiewer is as vyf vingers wat onafhanklik van mekaar werk. Toe die pers vir Edmund Hillary vra wat sy sleutel tot sukses is nadat hy die eerste persoon was om die piek van Mount Everest te bereik, was sy reaksie inspirerend: ‘Ons grootste sterktpunt in 1953 op Everest was ons baie sterk spangees. Individueel, as bergklimmers, was ons nie besonder kundige mense nie. Ons was bekwame klimmers, maar ons het saamgewerk en ons was vasbeslote dat iemand bo moes uitkom. Ons almal wou natuurlik daardie persoon wees om dit te doen, maar dit was selfs belangriker dat iemand in die groep die kruin moet bereik. Deesdae is hierdie spangees nie meer so algemeen nie. Daar is baie meer prima donnas in die moderne klimgemeenskap, mense wat oor groot vaardighede en groot individualisme beskik, maar wat dalk nie so entoesiasties saamwerk soos ons nie.’ Die waarheid is dat geen individu so slim en sterk is soos wanneer ons almal as ‘n groep saamwerk nie. Dr John Maxwell stel dit as volg: ‘Teamwork makes the dream work.’ Wees dus bereid om jou persoonlike agenda vir die tipe sukses wat slegs deur ‘n span bereik kan word, op te offer.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min