Woord vir Vandag - 12 Julie 2026

Loading player...
“Here, in die oggend sal U my stem hoor…” Psalm 5:4 NLV
Begin jou dag met God
Hoe begin jy jou dag met God? As jy nie ‘n ‘oggendmens’ is nie, moenie druk op jouself plaas om heel eerste in die oggend ‘n lang tyd te bestee om die Skrif te lees en te bid nie. In plaas daarvan om jouself in die oggend te dwing om ‘n lang stiltetyd te hou, probeer - so vroeg moontlik nadat jy wakker geword het - om net ‘n paar minute alleen met God te bestee. Doen dan die volgende drie dinge: Eerstens, erken jou afhanklikheid aan God. Tweedens, vertel Hom van jou bekommernisse vir die dag. Derdens, nooi God uit om die dag saam met jou deur te bring. Die Psalmdigter het gesê: ‘Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.’ Toe het hy bygevoeg: ‘Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord’ (Psalm 119:147 NLV). Hoe kan jy dan jou dag met God begin? Moenie probeer om baie nuwe dinge uit te probeer en te doen nie. Doen net die dinge wat jy normaalweg doen – maar doen dit saam met God. Ons praat dikwels daaroor om die oomblik te omarm en die dag aan te gryp. Ons is egter nie veronderstel om oomblikke te omarm en dae aan te gryp nie, ons is veronderstel om God te omarm en aan te gryp. Oomblikke is nie altyd goed nie, maar God is nooit enigiets anders as goed nie. ‘Loof die Here, want Hy is goed!..’ (Psalm 118:1 NLV). Herinner jouself daaraan dat God vandag by jou is en dat Hy goed teenoor jou en vir jou sal wees.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min