Woord vir Vandag - 11 Julie 2026

Loading player...
“Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou…” Jakobus 5:11 NLV
Kyk terug en word bemoedig
Jakobus het geskryf: ‘Liewe broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het, as ‘n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ‘n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde’ (Jakobus 5:10-11 NLV). Hier word ons herinner om terug te kyk en bemoedig te word deur diegene wat ons vooraf gegaan het terwyl ons wag vir die Here se wederkoms. Kyk na Hosea: Sy vrou het hom verlaat, maar hy het getrou volhard en God het hul huwelik herstel (sien Hosea 3:1-3). Kyk na Daniël: Hy is in ‘n leeukuil gegooi omdat hy standvastig in sy geloof gestaan het, maar God het hom verlos en bevorder (sien Daniël 6:1-28). Kyk na Jeremia: Hy is gearresteer, daarvan beskuldig dat hy ‘n verraaier is en in 'n put gegooi om te sterf (sien Jeremia 37-38). Hy het egter opgekyk en God het hom verlos. Dan is daar die lys van die geloofshelde wat in Hebreërs 11 genoem word! Diegene van ons wat deur familielede verwerp is, kan na Abel terugkyk (vers 4). Diegene wat misverstaan word, kan na Noag terugkyk (vers 7). Diegene wat ‘n krisis van geloof ervaar en voel of hulle teen die onmoontlike te staan kom, kan na Abraham terugkyk (vers 8-10). As jy misbruik of mishandel is, kan jy na Josef terugkyk (vers 22). Diegene wat met struikelblokke in die lewe gekonfronteer word, kan na Josua terugkyk (vers 30). Diegene wat ‘n sondige verlede wil oorkom, kan na Ragab terugkyk (vers 31). Die woord vir jou vandag is dus: Kyk terug en word bemoedig.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min