Woord vir Vandag - 10 Julie 2026

Loading player...
“…Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.” 1 Korintiërs 11:24 NLV
Heilige Nagmaal
Hier is drie redes waarom jy nagmaal moet gebruik: 1) Om jou bewus van die grootheid van God se genade te maak. Niemand gaan ooit in die hemel aankom en sê: ‘Kyk wat het ek en Jesus bereik!’ nie. As jy een sent van jou sondeskuld betaal het, sou dit jou ‘n mede-verlosser met Christus gemaak het. Wat ‘n bespotting van die kruis! (sien Efesiërs 2:8-9). Die gesangeskrywer Horatio Spafford het geskryf: ‘My sin, oh the bliss of this glorious thought. My sin, not in part but the whole, is nailed to the cross, and I bear it no more. Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!’ 2) Om jou sensitief vir sonde te hou. ‘Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. Want as julle sommer so op ‘n onbedagsame manier van die brood eet en uit die beker drink, drink en eet julle ‘n oordeel oor julleself’ (1 Korintiërs 11:28-29 NLV). Jy vra: ‘As ek sondig en nagmaal gebruik, beteken dit dat ek myself dan verdoem?’ Nee, die manier waarop jy God nader, is wat belangrik is. Jy hoef nie die nagmaalbeker te vermy nie; maar jy moet jou sondes bely en dan met dankbaarheid drink. 3) Om jou op Christus se wederkoms gefokus te hou. ‘…Ek [sal] nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek opnuut die feeswyn sal drink in die koningkryk van God’ (Markus 14:25 NLV). Elke nagmaaldiens bring jou een stap nader aan die grootste nagmaaldiens van almal: die bruilofsmaal van die Lam in die hemel (sien Openbaring 19:7). Beplan jy om daar te wees?
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min