Woord vir Vandag - 9 Julie 2026

Loading player...
“…Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak.” Romeine 8:5 NLV
Herprogrammeer en vernuwe jou gedagtes
Neurowetenskaplikes noem dat elke klank, elke ervaring, elke bewuste gedagte en elke onbewustelike droom opgeneem en op ons eksterne hardeskyf, die serebrale korteks, gegraveer word. Vergelyk dit nou met die volgende Skrifgedeelte: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Jesus Christus se gesindheid is die Woord van God. Jesus is immers ‘die Woord’ (sien Johannes 1:1). Wanneer jy bid, mediteer, of die Skrif memoriseer, graveer jy Jesus op jou brein. Neurologies gesproke maak jy nuwe neuroverbindings en herlei oues. Stadig maar seker word jou brein herbedraad en vernuwe. Dink so daaraan - jy laai God se woorde en gedagtes op jou hardeskyf af. Mettertyd word jou hardeskyf dan deur God se woorde en gedagtes opgegradeer, totdat Christus se gesindheid in jou gedagtes begin vorm. Mark Batterson sê dat hy die Bybel as volg lees: ‘Ek lees totdat ek ‘n vers teëkom wat my aandag trek en laat huiwer. Dis dikwels iets waaroor ek moet dink of bid. Soms is dit die oortuiging van die Heilige Gees en moet ek eers ‘n gesprek met God hê voor ek kan voortgaan. Wanneer ek by so ‘n vers kom, doen ek drie dinge: Eerstens onderstreep of omkring ek die vers in my Bybel. Tweedens skryf ek dit met die hand in my joernaal neer. Derdens skryf ek gedagtes, belydenisse en idees wat daarmee geassosieer word, neer. Wanneer ek voel dat die Heilige Gees afsluiting bring, beweeg ek aan na die volgende vers.’ Dit is drie goeie idees wat ook vir jou sal werk.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min