Woord vir Vandag - 7 Julie 2026

Loading player...
“Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.” Psalm 56:10 NLV
Meer verantwoordelikheid verg meer gebed
Iemand het een keer gevra hoe hy George Washington onder diegene wat by die Kongres teenwoordig was, sou kon herken. Hy is meegedeel: ‘Jy kan hom maklik onderskei wanneer die Kongres bid. Washington is die enigste een wat kniel.’ Washington was bekend as ‘n man wat gebid het. Toe die lot van Amerika by Valley Forge in die weegskaal gehang het, het hy gereeld rus en verligting in gebed gevind. Eendag het ‘n boer wat verby Washington se militêre kamp op pad was, ‘n ernstige stem gehoor. Toe hy nader kom, het hy Washington op sy knieë gesien, sy wange nat van die trane. Die boer het teruggekeer huis toe en vir sy vrou gesê: ‘George Washington sal die geveg wen en die Amerikaners se onafhanklikheid verseker.’ Sy vrou het gevra: ‘Isak, wat laat jou so dink?’ Hy het geantwoord: ‘Ek het hom vandag in die bos hoor bid en die Here sal sekerlik sy gebed verhoor. Hy sal, Hannah, wees verseker, Hy sal!’ Wanneer ons minder het, is ons meer bewus van ons behoefte en bid ons meer. Soos ons egter meer verkry en bereik, word ons meer selfonderhoudend en bid ons minder. Dis ‘n fout. Hoe meer God aan jou toevertrou, hoe meer het jy sy krag, sy wysheid, sy leiding en sy genade nodig. Dawid het op ‘n troon gesit en oor Israel geregeer. Was hy trots of arrogant? Nee. ‘Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis… in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie!..’ (verse 10, 12 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: meer verantwoordelikheid verg meer gebed.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min