Woord vir Vandag - 6 Julie 2026

Loading player...
“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV
Het jy daaroor gebid?
Van die begin tot aan die einde van die Bybel vind ons klinkklare bewyse dat God gebede verhoor. Dinge wat ons dink onmoontlik is, doen God wanneer mense daarvoor bid! Wanneer ons bid, vereenselwig ons onsself met God se doeleindes en maak van die krag van die Almagtige gebruik. Omdat ons bid, werk God deur ons op maniere wat Hy andersins nie sou doen nie. God het sekere dinge van gebed afhanklik gemaak, dinge wat nooit sal plaasvind tensy ons bid nie. Kan God doen wat Hy wil, sonder dat ons daaroor bid? Natuurlik. God het egter bepaal dat Hy die gebede van sy mense sal gebruik om sy doeleindes te bereik. Wanneer ons nie bid nie, beperk ons dit wat God in ons lewens sal doen. Dit mag dalk vreemd klink, maar as dit nie waar was nie, hoekom sou Jakobus dan geskryf het: ‘En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’? Waarom sou Paulus sy vriende vra: “…bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense….’ (2 Tessalonisense 3:1-2 NLV), as hy nie geglo het dat gebede die krag het om sy omstandighede te verander nie? Omdat beide Jakobus en Paulus al die seën wat vir hulle beskikbaar was wou hê, het hulle nie net self gebid nie, maar ook ander gelowiges gewerf om vir hulle te bid. Hulle wou nooit dit wat God in en deur hulle wil doen beperk deur nie te bid nie. Indien jy al die seën wat God beskikbaar stel wil hê, moet jy ook bid.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min