Woord vir Vandag - 4 Julie 2026

Loading player...
“Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.” Jakobus 5:8 NLV
Beoefen geduld
Geduld, vanuit ‘n Bybelse perspektief, behels die volgende vier dinge: 1) Vertroue in God se onfeilbare liefde en getrouheid teenoor ons: ‘…Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:22-23 NLV). 2) Vertroue dat Hy sy beloftes aan ons sal nakom: ‘Loof die Here… Nie een woord van al die goeie beloftes… het onvervuld gebly nie’ (1 Konings 8:56 NLV). 3) Vertroue dat Hy alles wat betrekking op ons het, onder beheer het: ‘Die Here sal vir my alles goed laat afloop…’ (Psalm 138:8 AFR83). 4) Vertroue dat Hy selfs in die moeilikste omstandighede, alles ten goede vir ons sal laat uitwerk: ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…’ (Romeine 8:28 NLV). Vertroue in God stel ons in staat om volgens die Woord te leef. Ongeduld is die bron van soveel van ons mislukkings. Daarom het die apostel Jakobus geskryf: ‘Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.’ Kyk na Moses: sy ongeduld het veroorsaak dat hy die rots geslaan het in plaas daarvan om daarmee te praat soos God beveel het; daarom het hy die Beloofde Land nie binnegegaan nie (sien Numeri 20:1-13). Kyk na Abraham: sy ongeduld terwyl hy gewag het vir God se belofte van ‘n seun om vervul te word, het tot die geboorte van Ismael en ernstige probleme in sy gesin, gelei (sien Genesis 16:1-16). Daarom het Paulus geskryf: ‘Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou’ (Romeine 15:4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – beoefen geduld!
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min