Woord vir Vandag - 3 Julie 2026

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Voor jy in die huwelik tree
Hier is drie dinge waaroor jy duidelikheid moet hê voordat jy jou tot ‘n lewenslange verhouding in die huwelik verbind: 1) Het jou maat ‘n sterk verhouding met Christus? ‘Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen ?’ (Amos 3:3 NLV). Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet julle in pas en in dieselfde rigting loop. 2) Groei jou maat geestelik? ‘Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…’ (2 Petrus 3:18 NLV). As julle nie saam groei nie, sal julle uiteindelik uitmekaar groei. ‘n Gedeelde geloof en waardes sal julle vir die langtermyn bymekaar hou. 3) Watter soort gesinsagtergrond het jou maat? God kan ons help om ons probleme en gewoontes wat deur disfunksie in ons gesinne veroorsaak is, te oorkom. Julle moet egter weet waarmee julle te doen het, voordat julle ‘n belofte aflê om mekaar in goeie en slegte tye lief te hê. Paulus het geskryf: ‘Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus’ (Galasiërs 6:2 AFR83). Jy moet egter vooraf weet wat daardie laste is, voordat jy jou daartoe verbind om hulle ‘n leeftyd lank te deel. ‘Daarom - iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Dit beteken egter nie dat jy die verlede kan toesmeer of daaroor kan lieg nie. Wedersydse deursigtigheid is van uiterste belang. Wanneer julle die volle waarheid oor mekaar ken, verloor die verlede sy krag om julle hede en toekoms te saboteer. Geen eggenoot is perfek nie, maar moenie met minder as God se beste tevrede wees nie.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min