Woord vir Vandag - 2 Julie 2026

Loading player...
“My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.” Psalm 73:26 NLV
Met God se hulp, sal jy sukses behaal
Sommige van die wêreld se grootste presteerders het met fisiese gestremdhede deur die lewe gegaan en ongelooflike teenspoed oorgekom. Sir Walter Scott was kreupel. John Bunyan, skrywer van The Pilgrim’s Progress, is gevange geneem. George Washington, Amerika se eerste president, het amper in die sneeu by Valley Forge verkluim en van die honger omgekom. Abraham Lincoln het slawerny in Amerika beëindig, maar hy het in uiterste armoede grootgeword en het voortydig in ‘n sluipmoord gesterf. Die Britse Eerste Minister Benjamin Disraeli is aan bittere godsdienstige vooroordeel onderwerp. Franklin D. Roosevelt het polio opgedoen. Ludwig van Beethoven het doof geword. Glen Cunningham, ‘n Olimpiese naelloper wat baie wêreldrekords hou, se bene is erg tydens ‘n brand beseer. Booker T. Washington, Harriet Tubman, Marion Anderson en George Washington Carver is in ‘n samelewing vol rassediskriminasie gebore. Enrico Caruso was lid van ‘n groot, arm Italiaanse gesin waar slegs ‘n paar kinders hulle babajare oorleef het. Itzhak Perlman, konsertviolis, is op vierjarige ouderdom van sy middel af verlam. Dawid se pa en familie het hom nie waardig geag om Saul as Israel se koning op te volg nie. Die samelewing sou hom sekerlik as gevolg van sy owerspel met Batseba verwerp het. Tog het God na hom as ‘…’n man na my hart…’ (Handelinge 13:22 NLV), verwys. Dawid het die volgende van God gesê: ‘My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd… Ek het geskuil by die Here my God…’ (verse 26, 28 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: met God se hulp sal jy sukses behaal.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min