ATKV kinderteater produksie: "B" is vir Boelies
Loading player...
Tiaan Kirsten-Lubbe, direkteur en uitvoerende vervaardiger van Scenario College – ’n tersiêre, SETA-geakkrediteerde instelling wat dramastudente oplei – gesels op 13 Junie op Kopskuif oor die ATKV se kinderteaterproduksie, ‘“B” is vir boelies’. Skakel in en kom luister hoe hierdie projek poog om bewustheid te skep, gesprekke aan te moedig en gemeenskappe toe te rus om aktief teen boeliegedrag op te tree. Tiaan gesels verder oor hoe kinderteater as medium ingewikkelde en soms sensitiewe temas vir jong gehore verstaanbaar maak, terwyl dit terselfdertyd verbeelding prikkel, empatie bevorder en belangrike lewensvaardighede op ’n speelse, veilige manier oordra.
Hierdie projek is ’n voorbeeld van die werk wat ATKV-takke doen om ruimtes te skep waar individue – en veral jongmense – kan groei, leer en hul plek in die samelewing met selfvertroue inneem.
Hierdie projek is ’n voorbeeld van die werk wat ATKV-takke doen om ruimtes te skep waar individue – en veral jongmense – kan groei, leer en hul plek in die samelewing met selfvertroue inneem.