
Etosha Fishing-werkers pleit vir sardynkwota
Loading player...
Meer as 430 poste by Etosha Fishing Corporation is in gevaar en werkers en hul vakbond versoek die regering om dringend sardynkwotas aan die maatskappy toe te ken. Die groep, gelei deur die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie, het van Walvisbaai gereis en vanoggend 'n petisie by die lynministerie se kantoor in die hoofstad afgelewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, Leonard Armas, gepraat, wat sê dat hierdie vertragings ook miljoene in potensiële ekonomiese voordele bedreig.

