
Toeris sterf in beweerde skietongeluk in Krugerwildtuin
Loading player...
'n Kanadese toeris is gisteraand in die Krugerwildtuin doodgeskiet. Die voorval het plaasgevind in 'n piekniekgebied naby die Phabeni-hek wat deur 'n privaat operateur bedryf word. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê 'n privaat gids verbonde aan die operateur het na bewering per ongeluk 'n vuurwapen afgevuur wat die 69-jarige gas noodlottig getref het. Hy sê die onderneming het 'n geldige permit om die terrein te bedryf:

