Kopskuif - 23 Mei 2026

Loading player...
As ’n mens aan ’n talentkompetisie dink, dink jy gewoonlik aan jongmense met sterre in hul oë oor ’n loopbaan op die verhoog, maar die Andante Plus 50-talentkompetisie is effens anders. Daar is geen jongmense nie, maar wel volwassenes bo 50 wat graag hul talent ten toon wil stel en vir die wêreld wil wys dat talent geen ouderdomsbeperking het nie. Cor Uys, die organiseerder van die kompetisie, wat self al amper 40 jaar lank voltyds in die sangbediening is, kom vertel ons meer oor hierdie opwindende kompetisie
23 May Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV kinderteater produksie: "B" is vir Boelies

Tiaan Kirsten-Lubbe, direkteur en uitvoerende vervaardiger van Scenario College – ’n tersiêre, SETA-geakkrediteerde instelling wat dramastudente oplei – gesels op 13 Junie op Kopskuif oor die ATKV se kinderteaterproduksie, ‘“B” is vir boelies’. Skakel in en kom luister hoe hierdie projek poog om bewustheid te skep, gesprekke aan te moedig…
13 Jun 41 min

Kopskuif - 6 Junie 2026

Afrikaans vir Almal is die ATKV se projek wat ten doel het om Afrikaans as vriendelike taal te bemark deur die aanbied van Afrikaansklasse. Vandag gesels Suzie Matlhola op Kopskuif. Kom luister hoe alles in 1998 begin het, toe sy by die ATKV begin werk het en self wou leer…
6 Jun 37 min

Kopskuif - 30 Mei 2026

"As jy nie weet watter kant toe nie, kies anderkant toe. Bly net aan die beweeg! Dit is nodig om soms af te skakel of selfs vir ’n ruk stil te staan, maar moenie stagneer nie. Dit is die enigste manier om by die anderkant uit te kom!” Só sê…
30 May 41 min

Kopskuif - 9 Mei 2026

Met die skerp toename in diagnoses soos ADHD, disleksie en ander soortgelyke toestande, word baie kinders – en selfs volwassenes – té vinnig as abnormaal geëtiketteer. Die werklikheid is egter dikwels veel meer bemoedigend – ons het nie te doen met abnormaliteit nie, maar eerder met gewone kinders en volwassenes…
9 May 51 min

Kopskuif - 16 Mei 2026

Mercia Eksteen gesels vandag met Edwina Solomons: onderwyseres en ontvanger van die Kokertoekenning: Beste Onderwyser in 2025. Kom luister saam hoe sy ’n liefde vir Afrikaans by leerders kweek wat skaars ’n woord kan praat. Sy deel ook hoe sy trots en selfvertroue by haar leerders skep.
16 May 31 min