Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

Loading player...
“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV
Geestelike paaie (5)
Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…’ Een van die gevare om egter deur die aktivispad met God te skakel, is dat ‘n groot deel van jou beweegrede selfvervulling en selftevredenheid kan wees. Daarom het Paulus geskryf: ‘So moet julle ook, as julle julle toelê op die gawes van die Gees, daarop konsentreer om uit te munt in dié gawes wat die gemeente opbou’ (1 Korintiërs 14:12 NLV). Wanneer jy ‘n aktivis is, hou jy van ‘n vinnige, probleemgevulde, komplekse, inspannende lewenswyse. Aan die einde van die dag wil jy kan sê: ‘Ek het regtig hard gehardloop. Ek het elke greintjie moeite en ywer tot my beskikking gebruik tot eer van U, God.’ Een Bybelse voorbeeld van ‘n aktivis is Nehemia. Toe hy hoor dat die mure van sy geliefde Jerusalem in puin lê, het hy geween, gebid, die koning gesmeek vir die hulpbronne om dit te herbou en toe sy moue opgerol en aan die werk gespring. As jy ‘n aktivis is, het jy ‘n saak nodig. Daarsonder sal jou geestelike lewe stagneer. Hier is egter ‘n woord van waarskuwing: Moenie so opgewonde oor jou saak raak dat jy oor mense se koppe gaan of hulle uitbuit nie. Nog ‘n woord van waarskuwing: Wanneer jy ‘n aktivis is, kan dit soms moeilik wees om God se ware roeping van jou eie sterk impulse tot aksie, te onderskei. Indien dit die geval is, neem ekstra tyd om te bid en van God te hoor en maak seker dat jy ‘n gekwalifiseerde vriend in jou lewe het wie se raad jy kan vertrou.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min