Woord vir Vandag - 28 Junie 2026

Loading player...
“Ek het my lewenspad oordink…” Psalm 119:59 NLV
Geestelike paaie (3)
Die pad van diens. Op die pad van diens vind jy dat God se teenwoordigheid die tasbaarste is wanneer jy ander mense help. Jy identifiseer met die woorde van Jesus: ‘…Ek verseker julle: as julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). Jy mag dalk ook vind dat jy ongemaklik voel in ‘n omgewing waar jy nie ‘n rol het om te speel of ‘n diens het om te verrig nie. ‘n Voorbeeld hiervan is Dorkas, van wie die Bybel sê: ‘…Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help’ (Handelinge 9:36 NLV). Moeder Teresa sou ‘n moderne eweknie van Dorkas gewees het. Sy was nie so betrokke by diensbaarheid omdat dit iets was wat sy veronderstel was om te doen nie, maar omdat dit haar vreugde gebring het. Sy het dikwels haar eie ontoereikendheid gevoel wanneer sy alleen was; maar sy het nooit die teenwoordigheid van Jesus sterker gevoel as in die teenwoordigheid van diegene wat sy gedien het nie. Mense op hierdie pad vind dat as hulle kerk bywoon, maar geen plek het om te dien nie, God ver verwyderd begin voel. Twee gevare wat jy in die gesig staar as jy op die pad van diens is, is: 1) Jy sal in die versoeking kom om ander te oordeel wat nie soveel soos jy dien nie. 2) Jy kan so vasgevang daarin raak om God se dienaar te wees, dat jy vergeet dat jy sy geliefde en verloste kind is. Daarom moet jy leer om liefde te ontvang sowel as om dit aan te bied.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min