Woord vir Vandag - 27 Junie 2026

Loading player...
“Laat my wandel volgens u gebooie…” Psalm 119:35 NLV
Geestelike paaie (2)
Die verhoudingspad. Mense wat die verhoudingspad volg, vind dat hulle ‘n diep gevoel van God se teenwoordigheid ervaar wanneer hulle by betekenisvolle verhoudings betrokke is. Jesus se woorde: ‘Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:20 NLV), maak volkome sin vir die mens op die verhoudingspad. Wanneer jy op die verhoudingspad is, mag jy skuldig voel wanneer jy ander mense oor lang periodes van afsondering in God se teenwoordigheid hoor praat en dink: ‘Afsondering sou nie so erg wees as ek net ‘n klomp ander mense kon saamvat nie.’ Jy het al dikwels belangrike geestelike oomblikke ervaar, soos om van sonde oortuig te word of aangemoedig te word om te volhard, soos God met jou deur ander mense praat. Jy is baie meer geneig om gebed of dade van diensbaarheid te beoefen wanneer jy dit in ‘n verhoudingskonteks kan doen. Wanneer jy op die verhoudingspad is, is jy geneig om God meer in ‘n gesprek as uit ‘n boek uit met jou te hoor praat. Daar is egter twee gevare waarteen jy moet waak. Een is oppervlakkigheid - om jouself so dun verhoudingsgewys te versprei dat niemand verby jou uiterlike kan kom om jou diep te ken, lief te hê en uit te daag nie. Die tweede is om so afhanklik van die gedagtes en raad van ander te word, dat jy nie die sensitiwiteit en vermoë ontwikkel om God self te hoor nie. ‘Jy sal ‘n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs’’ (Jesaja 30:21 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min