Woord vir Vandag - 26 Junie 2026

Loading player...
“Mag my optrede voortdurend u voorskrifte weerspieël.” Psalm 119:5 NLV
Geestelike paaie (1)
‘n Geestelike pad het te make met die manier waarop jy God se teenwoordigheid die natuurlikste aanvoel en geestelike groei ervaar. Ons almal het ten minste een pad wat ons maklik vind. Daar is enorme vryheid daarin om jou geestelike pad te identifiseer en te omarm. Dit beteken dat jy op hierdie manier waarop jy met God skakel, kan fokus. Kom ons kyk vir die volgende paar dae na verskillende geestelike paaie en of ons joune kan bepaal. Kom ons kyk eerstens na die intellektuele pad. Wanneer jy op hierdie pad is, beweeg jy nader aan God soos jy meer van Hom leer. Jy is lief daarvoor om die Skrif te bestudeer. Wanneer jy kerk toe gaan, wag jy vir die musikale aanbidding om te eindig sodat die preek kan begin. Wanneer jy met ‘n krisis of ‘n geestelike uitdaging gekonfronteer word, is jy geneig om analities die probleem te probeer oplos. Jy identifiseer met die woorde van Jesus toe Hy gesê het: ‘…Jy moet die Here jou God liefhê met… jou hele verstand…’ (Lukas 10:27 NLV). Die gevaar van hierdie pad lê daarin om slegs ‘n verstand en geen hart te word nie. Daarom het Paulus geskryf: ‘…Kennis laat ‘n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou ‘n gemeente op. As jy dink jy weet alles, het jy nog nie ware kennis nie. Maar as jy vir God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik’ (1 Korintiërs 8:1-3 NLV). Maak dus seker dat jou groei in kennis met groei in nederigheid en liefde gebalanseer word.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min