Woord vir Vandag - 25 Junie 2026

Loading player...
“Julle sê: ‘Alles is ons geoorloof.’ Ja, maar nie alles is tot voordeel nie…” 1 Korintiërs 10:23 NLV
Geoorloof of tot voordeel?
God kan jou van enigiets in ‘n enkele dag verlos, maar jy moet dit met daaglikse dissipline ondersteun. As jy nie dag in en dag uit geestelike dissipline beoefen nie, sal jou verlossing van korte duur wees. Jy sal terugval in dit waarvan God jou verlos het. Enigeen kan ‘n lewensdoelwit stel; die moeilike deel is om dit elke dag na te jaag. Jy word een oefensessie op ‘n slag fiks. Jy delg jou skuld met een salaristjek op ‘n slag. Watter doelwit jy ook al nastreef, jy moet dit een tree op ‘n slag, een dag op ‘n slag neem! Let op dat Paulus nie net gesê het dat ons nie volgens ons sondige natuur moet lewe nie, hy het ook gesê dat ons volgens die Gees moet lewe (sien Romeine 8:4). Om te besluit dat jy teen iets is, is net die helfte van die stryd. Die ander helfte is om te besluit dat jy vir iets is. Dallas Willard het een keer gesê: ‘Not going to London or Atlanta is a poor plan for going to New York.’ Dis voor die hand liggend, maar dis hoe baie van ons geestelike dissipline benader. Ons probeer om nie te sondig deur nie te sondig nie. As jy egter op dit wat jy nie moet doen nie gefokus is - sal jy waarskynlik nie doen wat jy moet nie. Jesus het gesê: ‘…Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die hel sal dit nie oorwin nie’ (Matteus 16:18 NLV). Jesus het nie gesê jy sal jou kerk bou nie. Dit is nie joune nie; dit is syne. Dit geld ook vir jou besigheid, jou skool, jou familie, ens. As jy op gehoorsaamheid gefokus is, sal Hy jou gevegte vir jou veg!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min