Woord vir Vandag - 24 Junie 2026

Loading player...
“Omdat Ragab, die prostituut, geglo het… het sy nie omgekom… nie.” Hebreërs 11:31 AFR83
Ragab: verlos en gelei
Baie kan oor Ragab gesê word sonder om haar beroep te noem. Sy was ‘n Kanaäniet. Sy het aan Josua se spioene skuiling gegee. Sy het in die God van Abraham begin glo voordat sy ooit die kinders van Abraham ontmoet het. Sy is gespaar toe haar stad vernietig is. Sy het met ‘n tydgenoot van Josua getrou en ‘n seun met die naam Boas, ‘n agterkleinseun met die naam Isai, ‘n agter-agterkleinseun met die naam Dawid, en ‘n afstammeling met die naam Jesus, gehad. Ja, Ragab se naam verskyn in die stamboom van die Seun van God. Haar CV hoef nie haar beroep te noem nie. Tog word sy in vyf van die agt keer wat sy in die Skrif genoem word, ‘n prostituut genoem. Dit word selfs saam met haar naam in Hebreërs se lys van geloofshelde, genoem (hoofstuk 11). Hierdie lys sluit Abraham, Isak, Jakob, Josef, Moses in - en dan skielik, ‘Ragab, die prostituut.’ Geen voetnota, geen verskoning nie. Haar verlede is deel van haar getuienis. ‘Omdat Ragab, die prostituut, geglo het… het sy nie omgekom… nie.’ Dink mooi hieroor na: haar geloofsbelydenis was belangriker as haar beroep as ‘n prostituut. Miskien is jou verlede ‘n sondige een. Miskien deel jou portuurgroep nie jou geloof nie. Miskien is jou stamboom een van geweld en jou voorouers een van rebellie. Indien wel, is Ragab jou rolmodel. Ons laat nie skarlakenrooi toue uit ons vensters hang nie, maar ons vertrou op die bloedrooi draad van Christus se bloed. Ons berei nie vir die koms van ‘n Hebreeuse leër voor nie, maar ons leef met die oog op die wederkoms van Jesus Christus. Die God wat Ragab verlos en gelei het, sal dieselfde vir jou doen wanneer jy jou lewe aan Hom oorgee.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min