Woord vir Vandag - 23 Junie 2026

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…” 2 Korintiërs 3:5-6 NLV
Erken altyd jou afhanklikheid van God
Dr O. Hallesby het in sy klassieke boek genaamd Prayer geskryf: ‘Gebed en hulpeloosheid is onafskeidbaar. Slegs diegene wat hulpeloos is, kan werklik bid. Gebed bestaan dus eenvoudig daarin om God dag vir dag te vertel op watter maniere ons hulpeloos voel. Ons word aangemoedig om elke keer wanneer die Gees van God opnuut vir ons ons hulpeloosheid beklemtoon, te bid. Ons besef hoe magteloos ons van nature is om te glo, lief te hê, te hoop, te dien, op te offer, te ly, die Bybel te lees, te bid en teen ons sondige begeertes te stry.’ Kom ons wees duidelik: Om hulpeloos te voel, is anders as om hopeloos of waardeloos te voel; dit is bloot om ons totale afhanklikheid van God te erken. Jesus het gesê: ‘…sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). God sal jou nooit ‘n opdrag gee wat nie sy insette, sy guns en sy bemagtigende genade vereis nie. Elke aksie van God in jou lewe is ontwerp om jou afhanklikheid van Hom te verhoog. As jy dit sonder God kan doen, moet jy stop en jouself afvra: ‘Is dit werklik van God?’ Paulus het geskryf: ‘Dít is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus. Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (2 Korintiërs 3:4-6 NLV). Dawid het al die voorregte van koningskap geniet, maar hy het geskryf: ‘Ek is arm en behoeftig, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder…’ (Psalm 40:18 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: moet nooit, ooit jou gevoel van afhanklikheid van God verloor nie.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min