Woord vir Vandag - 22 Junie 2026

Loading player...
“…Maar Jonatan seun van Dawid se broer Samma het hom doodgemaak.” 2 Samuel 21:21 NLV
Verhoog die standaard
Nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het, het vier ander mans, insluitend sy neef Jonatan, reuse doodgemaak wat teen die Israeliete in opstand gekom het. ‘In nog ‘n geveg teen die Filistyne in Gat was daar ‘n baie groot man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, saam 24. Hy was ook uit die geslag van die Refaïete. Hy het Israel uitgedaag. Maar Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, het hom doodgemaak’ (2 Samuel 21:20-21 NLV). Dawid het die standaard verhoog. Goliat se nederlaag, wat almal vroeër gedink het onmoontlik was, het hulle die krag gegee om hul eie reuse te oorwin. Tot en met 1954 het niemand al ooit ‘n myl in minder as vier minute gehardloop nie. Op 6 Mei 1954, het Roger Bannister egter die afstand in 3 minute en 59.4 sekondes afgelê. Hy het die reus verslaan. Twee maande later het die Australiër John Landy Bannister se rekord gebreek en bewys dat die vier-minuut-myl net soveel ‘n sielkundige as ‘n fisiese uitdaging is. In die eerste helfte van die twintigste eeu het baie mense probeer om Mount Everest te klim en misluk. Op 29 Mei 1953 was Edmund Hillary en sy Sherpa-gids, Tenzing Norgay, die eerste mense wat die kruin bereik het. Sedertdien het meer as ‘n duisend klimmers die ekspedisie voltooi. Dawid, Bannister en Hillary het almal reuse van hul tyd oorwin en ander geïnspireer om hul prestasies te ewenaar en daarin uit te blink. Jy doen jouself en ander ‘n onreg aan wanneer jy van jou reus wegvlug. Jy moet ophou bang wees om moeilike take aan te pak en jouself herinner: ‘As God dit voorheen gedoen het, kan Hy dit weer doen, en as Hy dit vir ander gedoen het, kan Hy dit vir my ook doen.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min