Woord vir Vandag - 21 Junie 2026

Loading player...
“Hy sal ouers met hulle kinders versoen en kinders met hulle ouers…” Maleagi 4:6 NLV
Wees ‘n vader
In 1985 het Tim Burke se kinderdroom waar geword toe die Montreal Expos-bofbalspan hom as ‘n gooier aangestel het, wat hom ‘n jaarlikse salaris van $600,000 besorg het. (Destyds was dit groot geld vir ‘n speler). Na vier jaar in die klein ligas is hy uiteindelik ‘n kans gegun om in die groot ligas te speel. Hy het vinnig sy waarde bewys deur ‘n rekord as ‘n nuweling-gooier op te stel. Intussen het Tim en sy vrou, Christine, vier kinders met spesiale behoeftes aangeneem - twee dogters van Suid-Korea, ‘n gestremde seun van Guatemala en nog ‘n seun van Viëtnam. Al die kinders is met baie ernstige siektes of gebreke gebore en nóg Tim nóg Christine was voorbereid op die geweldige eise wat so ‘n gesin sou meebring. Met die uitmergelende skedule van hoofliga-bofbal was Tim selde tuis om te help. Nadat hy sy siel deursoek het en oor sy lewe se ware prioriteite besluit het, het Tim iets gedoen wat almal verbaas het - hy het sy droomloopbaan in hoofliga-bofbal prysgegee. Toe verslaggewers hom vra om hierdie verstommende besluit te verduidelik, het hy eenvoudig gesê: ‘Bofbal sal steeds goed vaar sonder my. Maar ek is die enigste pa wat my kinders het.’ Helde is deesdae skaars. Tim Burke is een van hulle. Pa, jy kan ook een wees. Die meeste beleggings in die lewe behels risiko en kan tot spyt lei. Jy sal egter nooit ‘n oomblik spyt wees oor die liefde, tyd en moeite wat jy in jou kinders belê nie. Wees dus ‘n pa.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min