Woord vir Vandag - 20 Junie 2026

Loading player...
“…Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word…” Habakuk 3:2 AFR83
Hou aan hardloop!
Die Bybel vergelyk die Christelike lewe met ‘n marathon. ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur…’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Paulus het aan die gelowiges in Filippi geskryf: ‘…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee…’ (Filippense 3:13-14 NLV). Die kanse is goed dat jy nie by die wegspringplek en ook nie by die eindstreep is nie. Jy is êrens in die middel. Wanneer jy ‘n wedloop hardloop, het jy aan die begin baie entoesiasme en energie. Die einde hou ook baie belofte in terwyl ons die laaste stuk hardloop en ons doelwit bereik. Die middel van die wedloop - wanneer ons lankal verby die begin is en nie seker is hoe ver weg die einde nog is nie - is waar ons dikwels getoets word. Daarom het die profeet Habakuk geskryf: ‘…Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word…’ Dit is in die middel van die wedloop wat ons aanmoediging nodig het en waar ons weer op die prys wat op ons wag, moet fokus. Diegene wat voor ons gehardloop het, het die aflosstokkie deur die eeue heen, van geslag tot geslag, oorgedra - sonder om dit te laat val. Wat moet jy dus doen? Neem die aflosstokkie, hardloop en hou aan hardloop!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min