Woord vir Vandag - 16 Junie 2026

Loading player...
“…reken ek dit van geen belang nie…” Handelinge 20:24 AFR83
Jy kan die probleem ontgroei!
Voordat hy die leiers van die kerk in Efese vir die laaste keer verlaat het, het Paulus vir hulle gesê: ‘Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig’ (verse 23-24 AFR83). Daar is twee maniere om ‘n probleem te hanteer: 1) Bid en glo dat God dit sal verwyder, soos Hy met die mure van Jerigo gedoen het. 2) Ontgroei die probleem. In die 1920’s het ‘n Engelse avonturier genaamd Mallory ‘n ekspedisie om Mount Everest te probeer verower, gelei. Sy eerste twee pogings het misluk. Met sy derde poging is hy en die meeste van sy span in ‘n sneeustorting uitgewis. Met hul terugkeer na Engeland het die paar wat oorleef het, ‘n banket gehou om Mallory en diegene wat omgekom het, te vereer. Die leier van die oorlewendes het tydens sy bedankingstoespraak sy rug op die skare gedraai en na ‘n groot prentjie van Mount Everest teen die muur, wat soos ‘n stil, onoortreflike reus bo hom uitgetroon het, gekyk. Met trane wat oor sy gesig stroom, het hy namens sy oorlede vriende met die berg gepraat: ‘Ek spreek tot jou, Mount Everest, in die naam van alle dapper mans en vroue wat leef en dié wat nog gebore moet word. Mount Everest, jy het ons een keer verslaan; jy het ons twee keer verslaan; jy het ons drie keer verslaan. Ons sal jou egter eendag verslaan, want jy kan nie groter word nie - maar ons kan.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min