Woord vir Vandag - 11 Junie 2026

Loading player...
“Die wapens van ons stryd is… die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig…” 2 Korintiërs 10:4 NLV
Jy kan daardie vesting vernietig
Net soos Jerigo ‘n vesting in Kanaän was, het ons vestings in ons lewens. Paulus het geskryf: ‘Die wapens van ons stryd is… die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak’ (verse 4-5 NLV). ‘n Vesting is ‘n ‘argument’ of ‘n ‘skans’ wat ‘teen die kennis van God opgerig word.’ Dit is ‘n oortuiging, uitkyk of geloof wat probeer om met die waarheid in te meng. ‘n Vesting is ‘n valse uitgangspunt wat God se beloftes ontken. Dit probeer om die probleem te vergroot en God se vermoë om dit op te los, te minimaliseer. Het ‘n vesting ‘n sterk greep op jou? God gaan my nooit vergewe nie (die vesting van skuldgevoelens). Ek kan daardie persoon nooit vergewe nie (die vesting van wrokkigheid). Slegte dinge gebeur altyd met my (die vesting van selfbejammering). Ek moet in beheer wees (die vesting van trots). Ek verdien nie om liefgehê te word nie (die vesting van verwerping). Ek sal nooit herstel nie (die vesting van nederlaag). Ek moet uitblink, anders sal God my verwerp (die vesting van prestasie). Ek is net so goed soos ek lyk (die vesting van voorkoms). My waarde is gelykstaande aan my besittings (die vesting van materialisme). Baie Christene herken nie die vestings in hul lewens nie. Jy hoef egter nie een van hulle te wees nie. God het jou die wapens van gebed, die Skrif, die Naam van Jesus, die bloed van Jesus, die Christelike gemeenskap, ens. gegee. Saam is hulle ‘die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig’ (vers 4 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min