Woord vir Vandag - 8 Junie 2026

Loading player...
“…Sy woorde gee kennis en insig.” Spreuke 2:6 NKV
God sal vir jou kennis en insig gee
Bill Gates het voorspel: ‘Daar sal in die toekoms ‘twee samelewings’ wees; hoogsbetaalde kenniswerkers en laagbetaalde dienswerkers.’ Die gesegde ‘kennis is mag’ is waar. Dit is selfs meer waar in die geestelike realm. Hoe meer jy van God weet, hoe meer selfversekerd sal jy wees. Kennis van God se Woord kan duidelikheid oor die raaiselagtige kwessies van die lewe gee. Toe ‘n sekere godsdienstige sekte probeer het om Jesus in een van hul debatte oor ‘n spesifieke kwessie uit te vang, het Hy geantwoord: ‘…Julle probleem is dat julle nie die Skrif ken nie. Julle besef ook nie hoe magtig God is nie’ (Matteus 22:29 NLV). Daar is ‘n paar waarhede wat jy in jou hart moet vasmaak en toelaat dat hulle vrede in jou gees bring. Byvoorbeeld, niemand kan God se doel vir jou lewe dwarsboom nie. ‘Die Here die Almagtige het besluit, en wie sal sy planne kan verander? Wanneer sy hand beweeg, wie kan dit terugbring?’ (Jesaja 14:27 NLV). Jy moet weet en glo dat ondanks enige gebeure, dinge tot jou beswil sal uitwerk. Daarom kan jy angs en bekommernis laat vaar. ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). Daniël herinner ons dat God die Een is wat: ‘…aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig’ (Daniël 2:21-22 AFR83). Die ‘lig’ wat jy nodig het, behoort aan God. Jy hoef ook nooit onseker oor enige aspek van jou kennis wanneer jy Hom ken, te voel nie, want Hy weet alles.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min