Woord vir Vandag - 7 Junie 2026

Loading player...
“…Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe.” Johannes 6:63 NLV
Die Woord wat lewe gee
Jesus word elf keer ‘Rabbi’ in die Evangelies genoem. Hy was egter nie soos enige ander rabbi nie. Rabbi’s het ander mense se woorde aangehaal, maar Jesus het gesê: ‘Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle…’ In die evangelie van Johannes sê Hy dit twee keer: ‘Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle…’ (Johannes 6:47; 14:12 AFR53). Jesus was nie soos enige ander rabbi nie, want Hy was God wat vlees geword het. Paulus het gesê: ‘In ‘n eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind’ (Kolossense 2:3 NLV). Die vroeë kerkvaders het ‘n gunstelinggesegde gehad: ‘Die Evangelies is soos ‘n rivier waarin ‘n muggie kan swem en ‘n olifant kan verdrink.’ Die Evangelies – die verslag van Christus se lewe en lering - het die wêreld soveel beïnvloed dat dit in 2 527 verskillende tale vertaal is. Die tweede mees vertaalde boek, Don Quixote, is in ongeveer 60 tale vertaal. Tot vandag toe bly die Bybel die topverkoperboek van alle tye. Akademici hou rekord van hoe gereeld enige artikels wat hulle skryf, deur ander akademici aangehaal word. Volgens sulke berekeninge, is Jesus se intellektuele impak ongekend. Hoekom is dit so? Want wanneer alles anders faal, werk God se Woord. Jesus het dit so verduidelik: ‘Dit is die Gees wat lewend maak, die liggaam baat jou niks. Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe.’ As jy ‘n onderwyser is, weet jy dat die nommer een vraag in enige klas die volgende is: ‘Gaan hierdie inhoud in die eindeksamen gevra word?’ As jy jou eindeksamen met hoë punte wil slaag, moet jy jouself elke dag in God se Woord verdiep en dit deel van jou maak.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min