Woord vir Vandag - 6 Junie 2026

Loading player...
“…Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak.” Romeine 8:5 NLV
Ontwikkel ‘n geestelike denkwyse
‘Muscle memory’ word nie in jou spiere gestoor nie. Dis ‘n geheue wat in jou brein gestoor word elke keer wanneer jy ‘n spierbeweging herhaal. Of dit nou ‘n gholfhou of viool speel is, die ‘muscle memory’ word sterker hoe meer dit herhaal word. Het jy al gehoor van die 10 000-uur-reël? Sielkundiges sê dis hoeveel tyd dit neem om ‘n kenner op enige gebied te word. Dis bemoedigend, want dit beteken enigiemand kan dit doen, maar dis ontmoedigend, want dit beteken daar is geen kortpaaie nie, maak nie saak hoe slim of begaafd jy is nie. Net soos 'n vreemde taal, is die ontwikkeling van ‘n geestelike denkwyse ‘n leerkurwe. Kan jy jou voorstel om gefrustreerd te wees op die eerste dag wat jy ‘n ander taal begin leer, omdat jy nog nie die taal vlot kan praat nie? Dis hoe ons dikwels voel wanneer ons nie vlot in gebed, of sterk in geloof, of gedissiplineerd in ons gewoontes is nie. Psalm 84:8 (NLV) sê ons ‘…kragte sal vermeerder…’ Jy sal hieraan vir die res van jou lewe, een dag op ‘n slag, moet werk. Jy sal jou vordering moet aanhou meet. Moenie ‘n fout maak nie - hierdie geestelike dissiplines bou saamgestelde rente op. Hierdie rente word in terme van vreugde, vervulling en krag van God, uitbetaal. ‘Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede’ (Romeine 8:5-6 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min