Woord vir Vandag - 1 Junie 2026

Loading player...
“Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.” Handelinge 6:4 NLV
‘P.R.A.Y. (Pause, Reverence, Ask, Yield)’
In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, gebruik die skrywer Deborah Smith Pegues die woord ‘PRAY’ as ‘n akroniem: ‘‘Pause’. Ek stop alle aktiwiteite en fokus heeltemal op God. Aanbidding verg totale fokus. Die grootste eer en respek wat ons aan enigiemand kan gee, is ons onverdeelde aandag. ‘Reverence’. Ek spreek my bewondering vir al God se eienskappe uit. Op hierdie punt begin afleidings soos kakiebosse opduik. Ek sal skielik ‘n taak wat ek op my doenlysie moet sit, onthou. Ek het geleer om gou die taak in my Bybelstudiejoernaal neer te skryf en die ander kwessies te ignoreer vir dit wat hulle is - blote afleidings wat later hanteer kan word. Ek het ook geleer dat om hoorbaar te bid, my help om dwalende gedagtes hok te slaan. ‘Ask.’ Ek vra om vergifnis vir my sondes en probeer om spesifiek daaroor te wees. Ek bid vir die krag om ‘n Christelike lewe te lei en vra God om vir my ‘n passie vir sy Woord en vir gebed te gee. Ek vra dat sy wil in elke aspek van my lewe geskied: geestelik, fisies, finansieel, verhoudingsgewys, beroepsgewys en emosioneel. ‘Yield.’ Ek moet my versoeke aan God se soewereine wil onderwerp, met die vertroue dat Hy weet wat die beste vir my is. Daarom is ek versigtig om my gebed af te sluit deur te sê: ‘Laat nogtans nie my wil nie, Here, maar u wil geld’ (sien Lukas 22:42). Die ou gesegde dat dit nie is wat jy ken nie, maar wie jy ken wat jou die voordeel in ‘n situasie gee, is waar - veral vanuit ‘n geestelike perspektief. Wanneer ons ‘n verhouding met God het, verstaan ons dat Hy voldoende is om enige eise wat aan ons gestel word, te hanteer.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min