Kopskuif - 16 Mei 2026

Loading player...
Mercia Eksteen gesels vandag met Edwina Solomons: onderwyseres en ontvanger van die Kokertoekenning: Beste Onderwyser in 2025.
Kom luister saam hoe sy ’n liefde vir Afrikaans by leerders kweek wat skaars ’n woord kan praat. Sy deel ook hoe sy trots en selfvertroue by haar leerders skep.
16 May Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV-Tienertoneel - 'n ruimte om te groei

In Kopskuif gesels Sebastian van Niekerk oor ATKV-Tienertoneel as ’n ruimte om te groei, en om te leer hoe om met selfvertroue in die wêreld – en op die verhoog – te staan. Sebastian gesels oor deelname aan die ATKV se projek wat jou net nie aan kompetisie en kreatiewe…
4 Jul 30 min

Persoonlike ontwikkeling & Tapas vir die reis

In vandag se episode van Kopskuif, kom gesels bekende sielkundige, dr. Eugene Kemp, vanuit ’n sterk geloofsbasis oor persoonlike ontwikkeling. Hy deel ook meer oor sy nuutste boek, ‘Tapas vir die reis’ – ’n versameling van 100 inspirerende stories uit sy radio- en sosialemediaplatforms wat jou ’n hupstoot gee op…
27 Jun 40 min

Eksamen-tyd

Junie is sinoniem met eksamen. Regoor die land sit leerders met hul neuse diep in die boeke. Vir baie gesinne beteken hierdie tyd nie net harde werk nie, maar ook spanning. Vandag gesels Sanet Grobler van Illuminated Growth op Kopskuif en deel praktiese wenke om kinders én ouers te help…
20 Jun 33 min

ATKV kinderteater produksie: "B" is vir Boelies

Tiaan Kirsten-Lubbe, direkteur en uitvoerende vervaardiger van Scenario College – ’n tersiêre, SETA-geakkrediteerde instelling wat dramastudente oplei – gesels op 13 Junie op Kopskuif oor die ATKV se kinderteaterproduksie, ‘“B” is vir boelies’. Skakel in en kom luister hoe hierdie projek poog om bewustheid te skep, gesprekke aan te moedig…
13 Jun 41 min

Kopskuif - 6 Junie 2026

Afrikaans vir Almal is die ATKV se projek wat ten doel het om Afrikaans as vriendelike taal te bemark deur die aanbied van Afrikaansklasse. Vandag gesels Suzie Matlhola op Kopskuif. Kom luister hoe alles in 1998 begin het, toe sy by die ATKV begin werk het en self wou leer…
6 Jun 37 min