EU-Nam-vennootskap verleng, maar wat van waardetoevoeging

Loading player...
Die afvaardiging van die Europese Unie en die Namibiese regering het amptelik ooreengekom om die EU-Namibië Strategiese Vennootskapspadkaart tot 2030 te verleng. Dit is aangekondig deur Jessika Roswall, die EU-kommissaris vir die omgewing, waterveerkragtigheid en 'n mededingende sirkulêre ekonomie, tydens die Tweede Namibië-EU Sakeforum in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat Namibië maan om nie net 'n uitvoerder van natuurlike hulpbronne te wees nie.
18 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min