
EU-Nam-vennootskap verleng, maar wat van waardetoevoeging
Loading player...
Die afvaardiging van die Europese Unie en die Namibiese regering het amptelik ooreengekom om die EU-Namibië Strategiese Vennootskapspadkaart tot 2030 te verleng. Dit is aangekondig deur Jessika Roswall, die EU-kommissaris vir die omgewing, waterveerkragtigheid en 'n mededingende sirkulêre ekonomie, tydens die Tweede Namibië-EU Sakeforum in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat Namibië maan om nie net 'n uitvoerder van natuurlike hulpbronne te wees nie.

