Lüderitz ontvang N$28m hupstoot

Loading player...
Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die bestuurskomitee. Kosmos 94.1 Nuus het met Elwin !Goaseb gepraat, die woordvoerder van die dorpsraad. Hy gee 'n oorsig oor hoe die fondse gebruik gaan word.
18 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min