Lüderitz ontvang N$28m hupstoot

Loading player...
Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die bestuurskomitee. Kosmos 94.1 Nuus het met Elwin !Goaseb gepraat, die woordvoerder van die dorpsraad. Hy gee 'n oorsig oor hoe die fondse gebruik gaan word.
18 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA-joeranliste geteiken na SAPD-korrupsie ondersoeke

Die Madlanga-kommissie is ingelig oor die gevare vir joernaliste wat beweerde korrupsie binne die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid ondersoek. Getuienisleier Adila Hassim verwys na 'n inbraak in die huis van Daily Maverick se ondersoekende joernalis, Marianne Thamm. Die senior Misdaadintelligensie-offisier, Feroz Khan, is volgens WhatsApp-boodskappe betrokke by bewerings dat Thamm se…
6 Jul 11PM 1 min

Uefa vaar uit teen Fifa se Balogun beslissing

Die Europese beheerliggaam, Uefa het uitgevaar teen Fifa se besluit om die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooikaart in die Wêreldbeker-toernooi te herroep, nadat president Donald Trump Fifa-president Gianni Infantino gevra het om die saak te hersien. Uefa sê Fifa het 'n rooi lyn oorskry en die integriteit van die…
6 Jul 11PM 1 min

Speaker betuig meegevoel met Venezuela

Die dodetal van Venezuela se verwoestende dubbele aardbewings het teen Sondag tot minstens 3 342 gestyg, terwyl meer as 16 000 mense beseer is en tienduisende nog vermis word. Die regering het namens Namibiërs wense van hoop en solidariteit aan die land gestuur. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara…
6 Jul 11AM 1 min

Kaptein van Engeland vroue-kriektespan ontken uittrede

Krieket: Die kaptein van Engeland se vrouespan, Nat Sciver-Brunt, ontken dat sy oorweeg om uit te tree en wil steeds in groot toernooie speel. Australië het Engeland gister op Lord's met sewe paaltjies verslaan om die T20-Wêreldbekertoernooi 'n rekord sewende keer te wen. Die 33-jarige Sciver-Brunt, wat die hele toernooi…
6 Jul 11AM 1 min