Die kosbare rol van 'n ma

Loading player...
Madeleine gesels met Jozine Botha oor die kosbare rol van ’n ma. Jozine is self ’n ma van vier pragtige kinders.
Tenspyte daarvan dat sy voltyds in die bediening staan as pastoor en berader, jaag sy steeds haar drome na, en verlede jaar is haar debuutroman, Die jare tussen ons, deur LUCA Uitgewers uitgegee.
Jozine gesels met ons oor die rol van die moderne ma, hoe om al die balle in die lug te hou, watter algemene uitdagings werkende ma’s ondervind, en waarom dit belangrik is vir ’n ma om steeds haar drome na te jaag.
Madeleine lees ook verder voor uit Al Psalmend deur CLF Uitgewers.
8 May Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min

Hy stap saam deur elke seisoen

Pastoor Clete Stevis en sy vrou Luzette, het in 2008 die bediening, Grace Outreach Ministries Africa (GOMA) gestig. Madeleine gesels met Luzette oor die bediening, en veral oor die lewensveranderde kampe wat hulle vir die laaste veertien jaar al aanbied. Luzette kan werklikwaar getuig van God se getrouheid tydens elke…
11 Sep 30 min

Romeine vir jou reis

Paulus se brief aan die Romeine word gereken as die Bybelboek waaruit die meeste aangehaal word. Dit is, volgens kenners, die boek waarin die evangelie die deeglikste uiteengesit word. Madeleine kyk na hoe jy hierdie brief op jou Christen reis kan toepas. Sy bespreek o.a. die vyf stappe van die…
7 Sep 29 min