Woord vir Vandag - 29 Mei 2026

Loading player...
“…sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.” Johannes 17:26 AFR83
God werk in jou, met jou en deur jou
Net voor Hy in hegtenis geneem en na die kruis geneem is, het Jesus gebid: ‘Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.’ Wanneer dit by die erkenning van en reaksie op God se teenwoordigheid in ons lewens kom, sê die Christelike skrywer John Ortberg dat hy volgens hierdie twaalf waarhede leef: 1) God is altyd teenwoordig en aktief in my lewe, of ek Hom nou sien of nie. 2) Om God se teenwoordigheid te herken en te ervaar, is aangeleerde gedrag; ek kan dit kweek. 3) My werk is om God in hierdie oomblik te ontmoet. 4) Ek is altyd in die versoeking om ‘buite’ hierdie oomblik te leef. Wanneer ek dit doen, verloor ek my aanvoeling van God se teenwoordigheid. 5) Soms lyk God ver weg om redes wat ek nie verstaan nie. Daardie oomblikke is ook geleenthede om te leer. 6) Wanneer ek misluk, kan ek altyd dadelik weer begin. 7) Niemand weet die volle mate waarin ‘n mens God se teenwoordigheid kan ervaar nie. 8) My begeerte na God eb en vloei, maar sy begeerte na my is konstant. 9) Elke gedagte dra ‘n ‘geestelike lading’ wat my ‘n bietjie nader aan of ‘n bietjie verder van God af beweeg. 10) Elke aspek van my lewe - werk, verhoudings, stokperdjies en bewegings - is vir God van belang. 11) My pad om God se teenwoordigheid te ervaar, sal nie presies soos iemand anders s’n lyk nie. 12) Dit help nie om te hard te probeer nie. Die woord vir jou vandag is dus - God werk in jou, met jou en deur jou!
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min