Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

Loading player...
“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV
Christus kan jou siel bevredig
Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar geskinder. Hoekom anders sou sy op die hitte van die middag by die put gaan water haal het? Ander vroue het hul waterkruike met sonsopkoms gaan volmaak, maar hierdie vrou het die hitte van die son bo die hitte van hulle minagting verkies. As dit nie vir die verskyning van ‘n vreemdeling was nie, sou haar verhaal vir ewig verlore gegaan het. Hy het egter haar lewe binnegekom met ‘n belofte van lewende water wat die dors van haar siel sou les. Hy het vir haar gesê: ‘…Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.’ Die vrou sê toe vir Hom: ‘Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie’… Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: ‘Kom kyk self – ‘n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie die Messias nie?’… Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: ‘Hy het my alles vertel wat ek gedoen het’’ (Johannes 4:13-15, 28, 39 NLV). Niemand anders wou haar ‘n kans gee nie, maar Jesus het haar die kans van ‘n leeftyd gegee. Wat Hy vir haar gedoen het, sal Hy vir jou ook doen.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min