Woord vir Vandag - 26 Mei 2026

Loading player...
“Die een wat soos ‘n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak.” Daniël 10:18 NLV
Sy hand se aanraking
Elisabeth Elliott skryf in haar boek, A Slow and Certain Light, die volgende: ‘Toe ek in die woude van Ecuador gewoon het, het ek gewoonlik te voet gereis. Paadjies het dikwels deur strome en riviere gelei wat ons moes oorsteek, maar soms was daar ‘n primitiewe brug hoog bo die water wat ons moes oorsteek. Ek het daardie brûe gevrees. Die plaaslike inwoners sou egter sê: ‘Loop net oor, señorita,’ en sou die brug ligvoets en vol selfvertroue oorsteek. Ek was ook kaalvoet soos hulle, maar dit was nie genoeg nie. Op die brug kon ek nie ophou om na die rivier onder my te kyk nie. Ek was bang ek sou gly. My balans was nog nooit goed nie, dus sou my gids sy hand uitsteek om my te help. Hierdie aanraking was al wat ek nodig gehad het. Ek het myself ophou bekommer dat ek gaan gly. Ek het opgehou om afwaarts na die rivier te kyk en eerder na die gids gekyk, wat my hand met net die geringste aanraking vasgehou het. Wanneer ek die ander kant bereik het, het ek besef dat as ek gegly het, hy my sou vang. Sy teenwoordigheid en sy aanraking, was al wat ek nodig gehad het.’ Dis al wat jy ook nodig het: om God se teenwoordigheid te ervaar en sy aanraking te voel. Daniël het geskryf: ‘Die een wat soos ‘n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak. ‘Moenie bang wees nie,’ sê hy weer vir my. ‘God is lief vir jou. Wees rustig. Wees sterk.’ Terwyl hy met my gepraat het, het ek sterk geword. Ek het vir hom gesê: ‘Meneer kan maar nou met my praat. Ek is sterk genoeg’’ (verse 18-19 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min