Woord vir Vandag - 25 Mei 2026

Loading player...
“…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.” Markus 6:31 NLV
Oorkom werksverslawing
Een van Satan se taktieke is om ons van die een uiterste na die ander te neem - van luiheid na werksverslaafdheid. Dis belangrik om die verskil tussen ‘n harde werker en ‘n werksverslaafde te verstaan. Harde werkers het die wysheid om perke te stel aan hoeveel hulle gedurende ‘n dag kan doen. In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, skryf Deborah Smith Pegues: ‘Ek was in ontkenning oor my werksverslawing totdat ek besef het dat ek heelwat van die kenmerkende simptome het: Ek het die meeste van die tyd laat gewerk. Die meeste van my gesprekke het om die probleme by die kantoor gedraai. Ek het selde middagete geneem. Ek was altyd besig om veelvuldige take te verrig; ek het selde enige taak doelgerig uitgevoer. As ek oor die telefoon gepraat het, het ek ook die tyd gebruik om die huis op te ruim. As ek televisie gekyk het, het ek ook papiere georganiseer, en so aan en so meer. Wanneer ek probeer ontspan het, het ek gedink aan al die dinge wat ek eintlik moes doen. My doenlysie het meer items daarop gehad as wat ek moontlik gedurende ‘n enkele dag kon bereik. Ek was ‘n slaaf van my oortrokke kalender; ek het min of geen tyd vir ontspanning gehad nie. Ander mense het te stadig beweeg. Ek het altyd na die volgende afspraak gejaag. Ek het uitgesien na die toekennings wat ek vir goeie prestasie ontvang het. Vandag probeer ek slegs by die aktiwiteite wat ek voel deel van God se plan vir my lewe is, betrokke raak.’ Dis wonderlike raad! Jesus het vir sy hardwerkende dissipels gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.’ Sê die Here dieselfde vir jou?
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min