Woord vir Vandag - 24 Mei 2026

Loading player...
“want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense 2:13 AFR53
God werk in jou
God werk in jou. Waaraan werk Hy? Jou wil. Wat wil Hy hê moet jy doen? Om na sy welbehae te werk. Hoe doen Hy dit? Deur jou gedagtes: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). God kan hoorbaar deur omstandighede of deur ‘n ander persoon met jou praat. Omdat God egter vir jou sy gedagtes kan gee of jou gedagtes kan lei, is jou gedagtes die vergaderkamer waar Hy meestal met jou sal kommunikeer. Daarom sal Satan probeer om bose idees in jou gedagtes te plaas. As hy nie daarin slaag nie, sal hy probeer om jou gedagtes met vrees en bekommernis te vul. As dit ook nie werk nie, sal hy tevrede daarmee wees om jou ure lank na ‘waardelose dinge’ op televisie of die internet te laat kyk. Die Psalmdigter het gebid: ‘Weerhou my van waardelose dinge…’ (Psalm 119:37 NLV). Om van God te kan hoor en te verstaan wat Hy vir jou sê, moet jy jou gedagtes ‘n beskermde omgewing maak. Jou begeerte om van God te hoor moet voorrang bo elke ander begeerte wat jy het, geniet. Die sosiale hervormer Dorothy Day, wat baie werk namens die armes in die twintigste eeu gedoen het, het gepraat van wat sy haar ‘nosies’ genoem het - idees wat die onmiskenbare stempel van God se outeurskap in haar gedagtes gehad het. George Fox en die Kwaker-tradisie het dit ‘besorgdhede’ genoem. Ander praat van ‘aansporings’ of ‘leidings.’ Die goeie nuus is dat indien jy werklik van God wil hoor en jy bereid is om jou lewe dienooreenkomstig te prioritiseer, sal Hy met jou praat.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min