Woord vir Vandag - 23 Mei 2026

Loading player...
“weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red…” Jakobus 5:20 NLV
Hy is die God van nuwe begin
Ons God is die God van nuwe begin! Die Bybel sê: ‘weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word.’ Dit is nooit te laat vir ‘n nuwe begin nie. Wat egter nog merkwaardiger is, is dat God mense soos ons gebruik om ander te help om ‘n nuwe begin te vind. Die Bybel bevat baie verhale van mense wat ‘n tweede kans gekry het en deur God se genade hierdie kans goed benut het. Soos Petrus, wat Jesus verloën het, maar ‘n leier in die Nuwe Testamentiese kerk geword het. Of Dawid, wat egbreuk en moord gepleeg het, maar psalms geskryf het wat vandag nog wêreldwyd aangehaal word. Wat van Jona? Hy het ‘n tweede kans gekry! ‘Die Here het ‘n tweede keer met Jona gepraat’ (Jona 3:1 NLV). Sonde kan harte, huise, planne en mense verwoes. Die goeie nuus van die evangelie is egter dat sonde God nooit kan keer om ons lief te hê of na ons uit te reik nie. Ons moet ook nooit ophou om ander mense lief te hê en na hulle uit te reik nie. ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV). Die Griekse woord vir vernuwe is ‘n mediese term wat beteken ‘om ‘n gebreekte been te genees.’ Wanneer ‘n dokter ‘n gebreekte been behandel, herstel hy die breuk en sit ‘n gipsverband aan wat vir ongeveer ses weke moet aanbly. Gedurende daardie tyd doen God die werklike genesing. Jou werk is om gebroke mense te vind wat ‘n tweede kans benodig en hulle help om te genees.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min