Woord vir Vandag - 22 Mei 2026

Loading player...
“Maar deur God se onverdiende goedheid is ek wat ek vandag is…” 1 Korintiërs 15:10 NLV
Weet wie jy is
Wie is jy? Dit klink soos ‘n eenvoudige vraag, maar dis dikwels een van die uitdagendste vrae om te antwoord. Om te weet wie jy is en waarvoor jy staan, om bewus te wees van hoe jy deur ander beskou word en hoe jy jouself aan die wêreld voordoen, is een van die belangrikste aspekte van ‘n vervulde lewe. Dit kan jou ‘persoonlike handelsmerk’ genoem word. Jou handelsmerk bestaan uit eienskappe wat by elke ontmoeting wat jy met werkskollegas, familie of vriende het, teenwoordig is. Dit is eienskappe wat jy na al jou sosiale en sake-interaksies bring. Jy mag dalk jou eienskappe as vanselfsprekend aanvaar, maar oorweeg dit om jou eie persoonlike missieverklaring neer te skryf. Wat is jou doel? Waarvoor staan jy? Wat is jou visie? Weerspieël jou lewe werklik dit wat vir jou belangrik is en hoe jy wil hê ander mense jou moet sien? So dikwels leef ons ons lewens volgens dit wat diegene rondom ons dink ons moet wees of doen. Ons volg die pad wat ons ander sien loop, of ons streef na wat die media as sukses definieer. Uiteindelik, en soms verrassend, vind ons onsself waar ons gefrustreerd, kwaad en teleurgesteld deur die lewe beweeg. Sommige sakelui kla dat hulle die bopunt van die korporatiewe leer bereik het, net om uit te vind dat die leer teen die verkeerde gebou leun. Hulle was so besig om tred te hou met wat hulle gedink het hulle veronderstel is om te doen, dat hulle nooit hulself af gevra het wat hulle eintlik wil doen nie. Wees soos Paulus: Weet wie jy is, eer jou persoonlike handelsmerk en sê: ‘Deur die genade van God is ek wie ek is.’
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min