Woord vir Vandag - 21 Mei 2026

Loading player...
“…ek [leef] deur geloof in die Seun van God. Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.” Galasiërs 2:20 NLV
Jy is ten volle vergewe
Hoeveel keer het die apostel Paulus, wat eens as Saulus, die vervolger van Christene bekend was, terugflitse van Stefanus se steniging gehad? Of die tallose ander Christene wat hy soos diere gejag het? Paulus was ‘n ooggetuie van hierdie gebeure, wat beteken dat daardie beelde in sy visuele korteks vasgevang was. Wanneer hy sy oë toegemaak het, kon daardie beelde vir die res van sy lewe by hom gespook het. Volgens vandag se standaarde was Saulus ‘n terroris - maar hy het egter ‘n ontmoeting met Christus gehad wat hom verblind het. Hy het sy fisiese sig na drie dae herwin, maar die genade van God het hom in staat gestel om vir ewig ‘n blinde oog vir sy vergeefde sonde te draai. As God ‘n blinde oog vir belyde sonde draai, moet ons dit nie ook doen nie? Dit beteken nie dat ons ons sonde ontken of dit ignoreer nie. Paulus het homself die ergste sondaar genoem (sien 1 Timoteus 1:15). Miskien is dit hoekom hy die genade van God so waardeer het. Die rede waarom baie van ons ander mense volgens hul sonde etiketteer, is omdat dit ons beter oor onsself laat voel. Ons dink: ‘Ek is dalk nie perfek nie, maar ek het dít ten minste nie gedoen nie!’ Paulus was egter ferm: ‘Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom’ (Romeine 3:23 NLV). God kategoriseer nie jou sondes soos die regstelsel as oortredings of misdade nie. Nee, jy is óf in sonde, óf in Christus. Jy is óf skuldig, óf jy is ten volle vergewe. Nie net is jou sondes - verlede, hede en toekoms - versoen nie, maar deur jou geloof het God jou vergewe en jou rekening met die geregtigheid van Christus uitgewis.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min